Amptelike webwerf van Jehovah se Getuies

Tuisblad Beliefs Future Medical Topics Contact Us Publications Languages

Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle?

Vorige artikel

Ons uitnodiging aan jou

Ons het dit geniet om deur middel van hierdie brosjure met jou te gesels. Ons hoop dat jy dit geniet het om meer omtrent Jehovah se Getuies te wete te kom. Aanvaar asseblief ons uitnodiging om ons by ons plaaslike Koninkryksaal te besoek. Kom kyk hoe ons vergaderinge gehou word. Kyk hoe ons ons beywer om die goeie nuus van ’n paradysaarde onder Christus se Koninkryk aan ander te verkondig.

God het dit beloof. “Daar is nuwe hemele en ’n nuwe aarde wat ons volgens sy belofte verwag, en in hulle sal regverdigheid woon” (2 Petrus 3:13). Baie eeue het verstryk. Die wagtyd loop ten einde. Wêreldtoestande dui daarop.

‘Namate ons die dag sien nader kom’, het die apostel Paulus gesê, ‘laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en voortreflike werke aan te spoor en nie ons onderlinge vergadering na laat nie’ (Hebreërs 10:24, 25). Ons nooi jou om op Paulus se raad ag te slaan deur saam met ons byeen te kom.

Sal jy ’n besoek verwelkom?

 

Uitgegee in 2000

TuisbladNa boVorige artikel

Copyright © 2006 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania. All rights reserved.